Mid-Amateur

SA Mid-Am IPT - Boland-kaptein is trots op sy manne

Dit was ‘n goeie dag op kantoor vir die Bolandse Mid-Am-span vandag by die SAIPT-toernooi op King David/Mowbray. Die Bolanders het albei hul wedstryde gewen (met 9.5 – 2.5 oor Mpumalanga en 6.5 – 5.5 teen Grens).
Kaptein van die Bolandse span Robbie Oosthuizen het sy spanmaats geprys vir hul spel. “Die wind het gedwarrel en stok-keuses en -besluite was nie maklik nie.“
“In ‘n hele paar wedstryde het ons manne mooi teruggekom, maar daar was ook ‘n paar wedstryde wat ons laat glip het.“

SA Mid-Am IPT-toernooi dag 2 - Boland lewer kragvertoning in enkels

Die Bolandse Mid-Am-span het vandag ‘n krag-vertoning in die enkels gelewer tydens die SAIPT Mid-Am op King David/Mowbray toe hulle 6 uit moontlike 8 punte verdien het in hul stryd teen Noord-Kaap. Die Bolanders het hierdie wedstryd oortuigend met 8.5 – 3.5 gewen.
Staatmaker Andre Ficks het op nommer 8 die Bolanders punte besorg met ‘n 1 op sege oor Francois Mulder. Ficks het 4 voëltjies behaal.
Op nommer 7 het Jaco Pieters weer eens baie bestendig gespeel en hy was die hele tyd in „pole position“ in sy stryd teen Allan Toy. Pieters het die stryd met 3/2 gewen.

Dag 1 - SAIPT Mid-Am-toernooi

Boland se Mid-Am-span het op dag 1 van die SAIPT Mid-Am-toernooi op King David/Mowbray sterk teenstand gekry teen onderskeidelik Oostelike Provinsie en Noord-Wes. Teen Noord-Wes het die Boland gelykop 6-6 gespeel en teen die OP het die Bolanders 7.5 – 4.5 verloor.
Nadat die Bolanders in beide die beurtspelle 3-1 agter was, het hulle sterk vertoon in die enkels.
Teen Noord-Wes het Clement de Bruin (no 7) in sy debuut-wedstryd met 4/3 gewen teen Meleko Maichotlo. Andre Ficks het vuurwarm-gholf gespeel en 4 voëltjies behaal en het vir Patrick Sefodi met 4/2 verslaan.

Boland-span vir SA Mid-Am IPT aangewys

Die Boland-keurders het die volgende span aangewys wat die Boland-unie gaan verteenwoordig by die SA Mid-Am IPT-toernooi. Die toernooi vind van 7 tot 11 op die baan van King David/Mowbray.
Die span is: Cedric Rooi (Worcester); Anton Oosthuizen (Stellenbosch), Andre Ficks (Robertson), Robbie Oosthuizen (Stellenbosch), Phillip Spies (Stellenbosch), Anton Pieters (Pearl Valley), Clement de Bruin (Ceres) en Jaco Pieters (Devonvale).
Servaas de Kock (BGU-komiteelid) is die spanbestuurder.

Boland Mid-Am Open at Stellenbosch - deadline 23rd August for entries

One of the top Mid-Am Tournaments in South-Africa, the Boland Mid-Am Open will be played on Friday 1 September at the Stellenbosch Golf Club.
The Stellenbosch course is expected to be in top condition and the quality of the greens will be as always a special feature of this popular golf course.
Previous winners of the Boland Mid-Am Open include: Gerlou Roux who won in 2018 at Arabella and Ockert Theron Devonvale (2017).
Entries for the 2019 Boland Mid-Amateur Championship are currently open and close at 12h00 on the 23rdAugust 2019.

Mid-Amateur Tournament Results

Date Tournament Winner Club Points
Finished on 07/07/2019 MID AM SERIES - DE ZALZE - 7 JULY 2019 Result PDF
Finished on 04/08/2019 MID AM SERIES - HERMANUS - 4 AUGUST 2019 Result PDF
Finished on 09/06/2019 MID AM SERIES - PEARL VALLEY - 9 JUNE 2019 Result PDF
Finished on 13/01/2019 MID AM SERIES - PAARL 13 JANUARY 2019 Result PDF
Finished on 01/09/2019 2019 Boland Mid Am @ Stellenbosch Result PDF
Finished on 04/03/2018 MID AM SERIES - BELLVILLE Result PDF
Finished on 18/02/2018 MID AM SERIES - KDM Result PDF
Finished on 04/11/2018 2018 Mid Am Series - Arabella Result PDF
Finished on 08/07/2018 2018 Mid Am Series - De Zalze Result PDF
Finished on 10/06/2018 2018 Mid Am Series - Pearl Valley Result PDF
Finished on 06/05/2018 2018 Mid Am Series - Hermanus Result PDF
Finished on 14/01/2018 2018 Mid Am Series - Paarl Result PDF