Open

KLUB VAN DIE MAAND - Swellendam het 'n juweel van 'n baan

GESKIEDENIS EN ONTSTAAN VAN KLUB
In die vorige helfte van die 20ste eeu, het die nasionale pad nog deur die dorp Swellendam geloop en die ou gholfbaan was geleë aan die suidooste kant van die dorp, suidoos van die stasie en spoorlyn. Hierdie grond wat deel gevorm het van die meentgrond wat ge-oormerk was vir uitbreiding van die kleurlingdorp, Railton.
Daar is toe besluit om die gholfbaan te verskuif, met inagneming van daardie tye se politieke uitkyk en oorweging, na waar dit geleë is vandag.

Abrie Swanepoel aangestel as BGU se direkteur van gholf

Die 30-jarige Abrie Swanepoel is aangestel as direkteur van gholf van die Boland-gholfunie.
Swanepoel was in Kroonstad op skool en na ‘n enkelbesering in rugby het hy begin om gholf te speel. Na skool het hy besluit om hom in ‘n gholfrigting te bekwaam en het sy PGA-kwalifikasie in 2012 verwerf.
Daarna is hy vir bykans ’n jaar na die VSA waar hy in die gholfbedryf gewerk het. Swanepoel sê hierdie tyd in die VSA het hom baie geleer oor hoe die gholfbedryf werk asook oor al die rolspelers in die bedryf se behoeftes.

Bolandse vrouespan maak unie trots by SA Provinsiale toernooi

Die Bolandse vroue provinsiale span het die unie baie trots gemaak met ‘n baie goeie vertoning by die afgelope SA Provinsiale toernooi wat op die baan van Riviera On Vaal Buiteklub gespeel is.
Hierdie toernooi skop af met die Kwalifikasie-toernooi waar spanne se vertonings bepaal in watter afdeling hul gaan meeding in die SA Provinsiale toernooi.
Die Bolanders het uitstekend gevaar in die Kwalifikasie-toernooi en 4de geëindig. Dit het beteken dat Boland, saam met Ekurhuleni, Gauteng en WP A in die A1-afdeling meegeding het.

Immergroen Paul Baatjies baas in Riverside Ope

Paul Baatjies het sy soveelste Ope-toernooi in die Boland gewen toe hy gister die Riverside Ope gewen het met ‘n puik telling van 141. Sy ronde-tellings was 68 en 73.
Baatjies (Swellendam) het met 6 houe gewen.
Cedric Rooi was in die tweede plek op 147 en die belowende Llewellyn Buys was derde op 148.
TELLINGS:
P Baatjies 68 73 141
C Rooi 76 71 147
L Buys 76 72 148
A Willemse 76 73 149
S Ross jnr 75 74 149
R Tromp 74 77 151
A Rooi 76 77 153
C Timm 75 78 153
D Fredricks 74 80 154
C Beukes 78 79 157

Thomas, Swanepoel en Smith onder top-4 van MVP by SAIPT

Drie Bolanders, Keagan Thomas, Phillip Swanepoel en Ethan Smith was onder die top-4 spelers op die MVP-lys by die afgelope SAIPT. Thomas was nommer 2, Swanepoel nommer 3 en Smith nommer 4.
Thomas het 9 punte (uit ‘n maksimum van 10) behaal. Hy was onoorwonne in die beurtspelle (saam met Phillip Swanepoel) en het 4 van sy 5 enkels gewen.
Swanepoel het 8.5 punte behaal – 5 in die beurtspelle en 3.5 in die enkels.
Smith het 8 punte behaal. In die beurtspelle het hy met LB Boshoff as sy maat 4 punte behaal en in die enkels was hy ook 4 keer aan die wenkant.

SAIPT 2019 - So naby vir Boland!

Die Bolandspan het soos verlede jaar baie naby daaraan gekom om vanjaar die B-afdeling by die SAIPT te wen.
Die Bolanders het vandag vir Vrystaat oortuigend met 8.5 – 3.5 geklop, maar kon net-net nie vir Noord-Wes inhaal nie (Noord-Wes het harde bene gekou, maar naelskraap gewen teen Mpumalanga).
Nadat die Bolanders vanoggend puik gespeel het in die beurtspelle het hulle daarop voortgebou in die enkels.

SAIPT - "Manne het bly veg," spanbestuurder

“Ons het weliswaar verloor teen Noord-Wes, maar ek is baie trots op die span en hul vegggees,“ het die spanbestuurder Jaco Spies gesê.
“Die Bolanders het baie goed gespeel, maar die verskil was op die setperke. Die spelers van Noord-Wes was op die setperke vuurwarm en het die een lang sethou na die ander ingeslaan.“
Noord-Wes het die wedstryd met 7.5 – 4.5 gewen.

"A tough day at the office" - spanbestuurder van Boland

“Dit was ‘’n tough day at the office“ gister teen die Oostelike Provinsie,” was die woorde van die Bolandse spanbestuurder Jaco Spies.
“In die beurtspelle was ons die hele tyd op die agtervoet, hoewel Keagan Thomas en Phillip Swanepoel deurentyd in hul wedstryd in ‘n sterk posisie was (Thomas en Swanepoel het altesame 3 voëltjies asook ‘n arend behaal) en hul wedstryd gewen het.”

Boland is voorloper op puntelys na dag 2 van SAIPT

Die Boland-span het op dag 2 van die SAIPT ‘n klinkende sege van 11.5 – 0.5 oor Grens behaal en loop tans voor op die puntelys van Afdeling B by hierdie toernooi. Die toernooi word op die Mbombela-baan gespeel.
In die beurtspelle het die Bolanders (soos gister teen Mpumalanga) weer skoonskip gemaak en met 4-0 gewen.

Sege op dag 1 van SAIPT vir Boland oor Mpumalanga

Die Boland het op dag 1 van die SAIPT begin met ‘n sege van 8-4 oor Mpumalanga.
Nadat die Bolanders die beurtspelle met 4-0 gewen het, het Mpumalanga sterk teenstand gebied in die enkels.
Twee Bolanders (asook skoolmaats by HS De Villiers Graaff op Villiersdorp) wat hul SAIPT-debuut gemaak het, Aidon Willemse en Jurian Mostert, het die Bolanders groot momentum gegee toe hulle op nommer 8 en nommer 7 onderskeidelik 1 op en 5/4 gewen het.
Jurian was die hele wedstryd voor, maar Aidon het skitterend van agter gekom om te wen.

Open Tournament Results

Date Tournament Winner Club Points
Finished on 22/07/2019 2019 Caddie tournament - Worcester Result PDF
Finished on 28/09/2019 2019 Riverside ope Result PDF
Finished on 08/09/2019 2019 Hermanus Ope Result PDF
Finished on 01/09/2019 2019 Bredasdorp ope Result PDF
Finished on 31/08/2019 2019 Swellendam ope Result PDF
Finished on 28/07/2019 2019 Paarl Ope Result PDF
Finished on 02/06/2019 2019 Stellenbosch ope Result PDF
Finished on 26/05/2019 2019 De Zalze ope Result PDF
Finished on 04/05/2019 2019 Langebaan ope Result PDF
Finished on 19/04/2019 2019 Boland Ope @ Paarl Result PDF
Finished on 14/04/2019 2019 Malmesbury ope Result PDF
Finished on 07/04/2019 2019 Robertson junior geslote Result PDF
Finished on 31/03/2019 2019 Bobby Locke @ Robertson Result PDF
Finished on 30/03/2019 2019 Montagu Open Result PDF
Finished on 16/02/2019 2019 Boland Closed - Worcester Result PDF
Finished on 09/02/2019 2019 TWK Matchplay Open - players to be invited Result PDF
Finished on 03/02/2019 2019 Wellington Open Result PDF
Finished on 26/01/2019 2019 Ceres Ope Result PDF
Finished on 19/01/2019 2019 Citrusdal Ope Result PDF
Finished on 12/01/2019 2019 Worcester Open Result PDF
Finished on 18/08/2018 2018 Montagu Ope Result PDF
Finished on 30/09/2018 2018 Champion of Champions @ Langebaan Result PDF
Finished on 12/02/2018 2018 Caddie toernooi - Kleinmond Result PDF
Finished on 01/12/2018 2018 Hexvallei Open Result PDF
Finished on 13/10/2018 2018 Riverside Open Result PDF
Finished on 09/09/2018 2018 Hermanus Open Result PDF
Finished on 01/09/2018 2018 Swellendam Open Result PDF
Finished on 17/06/2018 2018 Arabella Open Result PDF
Finished on 03/06/2018 2018 Stellenbosch Open Result PDF
Finished on 25/03/2018 2018 Bobby Lock at Robertson Result PDF
Finished on 20/04/2018 2018 Boland Open Championship - Worcester Result PDF
Finished on 15/04/2018 2018 Malmesbury Open Result PDF
Finished on 11/02/2018 2018 TWK Open Result PDF
Finished on 04/02/2018 2018 Wellington Open Result PDF
Finished on 27/01/2018 2018 Ceres open Result PDF
Finished on 20/01/2018 2018 Citrusdal Open Result PDF
Finished on 13/01/2018 2018 Worcester Open Result PDF